geïnspireer deur die werk van hanneke benade.
Saturday, October 30, 2010
Friday, October 29, 2010
ballet
vrydae oggende begin altyd dieselfde: ek staan voor ‘n oop kas en skel die unseen hand wat die hemp, romp of broek wat ek wil aantrek van my wegsteek. vanoggend, mid-skel, het my oog egter my sak balletskoene gevang en my gemoed het onmiddelik gelig.
dit is my fantasie: om ‘n prima ballerina te wees. elke keer wanneer ek my skoene sien of ware prima ballerinas sien dans, wens ek saggies by myself dat ek ook so mooi kon maak. ek is egter onder geen wanindruk van my ware talente nie en weet dat dit nooit gaan gebeur nie (my agterstewe hou my sedert 2004 stewig op moeder aarde).
in die tussentyd verlustig ek myself maar in versamelings geïnspireer deur die skoonheid van ballet:
wat as chanel reg was?
my styl-filosofie is eintlik baie eenvoudig: dit is juis dit… styl. ek is styl en straatmode. wanneer ek iets aantrek en ‘n foto daarvan neem, wil ek graag oor tien jaar weer na die prentjie kan kyk en steeds dink dat die uitrusting mooi lyk.
ek dink dit is waar my liefde vir vintage klere begin het... styl wat nooit uit die mode sal gaan nie en selfs toeneem in waarde met die verloop van tyd. ek is heeltemal bewus daarvan dat ek nou die risiko loop om soos ‘n rooi-roos-cliché te klink, maar ek dink coco chanel was reg:
“fashion fades, only style remains the same.”
“fashion is not something that exists in dresses only. fashion is in the sky, in the street, fashion has to do with ideas, the way we live, what is happening.”
my uitrustings is nie bloot die klere aan my lyf nie – dit is ‘n viering van wie ek is en hoe ek leef.
Thursday, October 28, 2010
herinnering aan veldblomme
namakwaland is bekend vir sy blom-tapyte in die middel van winter. hierdie jaar het die reën egter nie die namakwaland besoek nie en dus was die blomme maar yl gesaai.
daarom is die eerste rok wat ek in my nuwe tuiste gemaak het 'n viering van die blommeprag van dié streek:
om 'n olifant te ruil vir 'n rok
een van my gunsteling winkels is die hospice-winkel in stellenbosch... ek het al juwele hier raakgeloop wat mens op geen ander plek sal kry nie: 'n aquascutum pakkie vir R20 en die oulikste cacharel pajamas vir R12, beide nog nooit gedra nie. dit is egter nodig om rond te krap en fyn te kyk om hierdie skatte raak te sien tussen al die verbleikte katoen en crimpelene rompe. soms moet mens selfs die potensiaal in 'n enkele kledingstuk gaan soek.
dié rokkie wat ek vir 'n olifant-noot geruil het, was aanvanklik drie rokgroottes te groot, 20cm langer en het lang moue gehad. twintig minute agter die naaldwerkmasjien het dit egter verander in 'n rokkie wat herinner aan 'n stranduitstappie in die 1920's.
Wednesday, October 27, 2010
Tuesday, October 26, 2010
little bird
ek het 'n vreemde liefde vir voëls... materiaal met voëls op, prente van voëls, selfs lewendige voëltjies (en oor die algemeen hou ek nie eintlik van diere nie). ek wil vir my 'n voëltjie-rok maak, maar weet nie waar om voëltjie-materiaal op te spoor nie. net 'n eenvoudige patroon bedruk met voëltjies.
waar kan ek voëltjie-materiaal kry?
Monday, October 25, 2010
gemaklik buite my gemaksone
daar is min dinge wat my soveel vreugde verskaf as die aankoop van ‘n rok wat ek eintlik nie nodig het nie. een van my styl-voornemens hierdie somer is om uitrustings te koop of bymekaar te gooi wat ek gewoonlik nie sou dra nie. buiten die feit dat ek nie gewoonlik ‘n rokkie soos hierdie sou dra nie, het ek dit by mango gekoop, ‘n winkel waar ek nog nooit iets gekoop het nie. ek is nogal trots op myself.
maar hier is die eintlike rede waarom ek hierdie rokkie gekoop het:
Sunday, October 24, 2010
trou-uitrusting #1
daar was hierdie jaar 'n tendens onder my vriendinne om verloof te raak. ek is werklik bly vir ieder en elk van hulle... en dit beteken nuwe uitrustings vir my vir hul troues. hierdie is vir die eerste een in desember. dit is egter nie 'n nuwe rokkie nie. dit is eintlik baie oud - 50 jaar om presies te wees.
hierdie foto skep ook die ideale geleentheid om te spog met my gunsteling meubelstuk. ek is verlief op my bloedrooi bal-en-kloutjie spieëlkas. ek het die kas vir 'n appel en 'n ui gekoop en self opgeknap en geverf. dit was pret!
opera uitrustings
lucia de lammermoor wys tans by die kunstekaap. ek wil so graag gaan kyk, maar ongelukkig is 500km bietjie te ver om te ry vir 'n aand se uitstappie. al wat my ma onthou van hierdie opera is dat die hoofkarakter aan die einde van die opera in 'n spierwit bloed-bedruipte rok met lang gitswart hare op die verhoog agterbly. dit klink tragies en dramaties en ek wil dit so graag gaan kyk... toe kyk ek maar vandag aïda op die kassie. maar as ek eendag weer opera toe gaan, sal ek een van hierdie rokke wil dra:
Saturday, October 23, 2010
in die oomblik
...en soms maak ek 'n rok wat regtig net mooi lyk in 'n foto as dit op 'n sekere manier gehou word:
moenie te naby kyk nie, moenie vra om die agterkant te sien nie, moenie my vra om die romp te los nie... waardeer net die skoonheid van die rok soos dit in hierdie foto blyk.
Friday, October 22, 2010
dagboek van 'n amateur-ontwerper
ek het al vele probleme teëgekom in die klere-departement: op 'n stadium was my lyf so buite proporsie dat geen enkele broek my heupe en lengte van my bene gepas het nie. dit het my geforseer om te begin kreatief raak - daar is om elke broekspyp 'n dik stuk kant gewerk om dit te verleng. die grootste struikelblok wat egter in my pad tot die perfekte persoonlike styl staan, is die feit dat klere waarvan ek hou glo net deur groot-naam ontwerpers gemaak word en dus nie vir my bekombaar is nie. kreatiwiteit het gelukkig weer ingetree nadat ek hierdie foto gesien het:
jane austen's pride and prejudice
dit was die inspirasie vir my heel eerste handgemaakte rokkie... sonder patroon, sonder enige tegniese vaardighede of enige ervaring. nie te sleg nie:
skoene!
skoene van anthropologie
daar is sommige winkels waar ek altyd met een van alles wil uitstap... anthropologie se skoene-afdeling is een van hierdie plekke. een (of selfs twee) van elke paar asseblief.
Thursday, October 21, 2010
met 'n beatles soundtrack
ek voel vreeslik sixties in hierdie uitrusting en ek wou amper by die voordeur uitloop en 'n beatles herlewing-konsert gaan soek... toe onthou ek dat ek in springbok bly.
op 'n onverwante noot... ek is 'n nuwe speelding ryker. ek het photoshop gekry! verby is die dae van my tweederangse foto-manipulasie program - die ware jakob het gearriveer!
Wednesday, October 20, 2010
Tuesday, October 19, 2010
stargazing
ek het die belaglike voorreg om met ‘n ongelooflike oulike seun uit te gaan in die namakwaland. dit beteken dat ons die beste dates kan hê sonder dat ons te hard hoef te probeer (of selfs te veel geld hoef uit te gee). ons gaan vanaand sterre kyk in die veld.
Monday, October 18, 2010
'n uitrusting om wilde in te lees
na 23 jaar dink ek dis hoogtyd dat ek begin oscar wilde lees. ek het die nare gewoonte om my kennis van klassieke skrywers te baseer op flieks wat van hulle boeke gemaak is. dus is the importance of being earnest vandag bestel en sal mnr wilde binnekort kom besoek aflê.
1940's somer-wenslys
Subscribe to:
Posts (Atom)