Friday, October 22, 2010

dagboek van 'n amateur-ontwerper

ek het al vele probleme teëgekom in die klere-departement:  op 'n stadium was my lyf so buite proporsie dat geen enkele broek my heupe en lengte van my bene gepas het nie.  dit het my geforseer om te begin kreatief raak - daar is om elke broekspyp 'n dik stuk kant gewerk om dit te verleng.  die grootste struikelblok wat egter in my pad tot die perfekte persoonlike styl staan, is die feit dat klere waarvan ek hou glo net deur groot-naam ontwerpers gemaak word en dus nie vir my bekombaar is nie.  kreatiwiteit het gelukkig weer ingetree nadat ek hierdie foto gesien het:

jane austen's pride and prejudice


dit was die inspirasie vir my heel eerste handgemaakte rokkie... sonder patroon, sonder enige tegniese vaardighede of enige ervaring.  nie te sleg nie:


No comments:

Post a Comment