Sunday, October 24, 2010

trou-uitrusting #1

daar was hierdie jaar 'n tendens onder my vriendinne om verloof te raak.  ek is werklik bly vir ieder en elk van hulle... en dit beteken nuwe uitrustings vir my vir hul troues.  hierdie is vir die eerste een in desember.  dit is egter nie 'n nuwe rokkie nie.  dit is eintlik baie oud - 50 jaar om presies te wees.


hierdie foto skep ook die ideale geleentheid om te spog met my gunsteling meubelstuk.  ek is verlief op my bloedrooi bal-en-kloutjie spieëlkas.  ek het die kas vir 'n appel en 'n ui gekoop en self opgeknap en geverf.  dit was pret! 

No comments:

Post a Comment