Thursday, October 28, 2010

om 'n olifant te ruil vir 'n rok


een van my gunsteling winkels is die hospice-winkel in stellenbosch... ek het al juwele hier raakgeloop wat mens op geen ander plek sal kry nie:  'n aquascutum pakkie vir R20 en die oulikste cacharel pajamas vir R12, beide nog nooit gedra nie.  dit is egter nodig om rond te krap en fyn te kyk om hierdie skatte raak te sien tussen al die verbleikte katoen en crimpelene rompe.  soms moet mens selfs die potensiaal in 'n enkele kledingstuk gaan soek.

diĆ© rokkie wat ek vir 'n olifant-noot geruil het, was aanvanklik drie rokgroottes te groot, 20cm langer en het lang moue gehad.  twintig minute agter die naaldwerkmasjien het dit egter verander in 'n rokkie wat herinner aan 'n stranduitstappie in die 1920's.



No comments:

Post a Comment