Tuesday, November 30, 2010

nie te sleg vir 'n dinsdag nie

hier is hoe ek my dag spandeer het:


my werk het vereis dat ek en my huismaat/kollega vandag vioolsdrift toe moes ry en onsself besig hou vir 'n paar ure.  ons het geswem, getan, gesels en waatlemoen langs die oranjerivier geëet.

hier is waarin ek my dag spandeer het:


hoe was jou dinsdag?

Monday, November 29, 2010

blare en goue mense

ek het gisteraand getel hoeveel slapies ek oor het in springbok... 18 slapies.  18 jellybabies se koppe om af te byt.  ek het heel nostalgies geraak toe ek terugdink aan al die nuwe dinge wat ek ervaar het, die goue mense wat in my hart ingekruip het, die veld, die sterre en die blomme. 

alhoewel my uitrustings dikwels effens vreemd was vir die namakwaland, voel ek dat hierdie een dalk net perfek daarby pas:



Friday, November 26, 2010

koffie en room

ek drink nie koffie of tee nie.  ek het nog nooit nie.  ek het hierdie jaar vir die heel eerste keer in my lewe wimpy koffie probeer, maar is nog nie oorgewen nie.  ek sal egter daarvan hou om topshop se koffie-kleur hempde te dra:





naweek!


dis naweek.  dis bloedig warm.  ek sou dit verkies om heel naweek in my baaibroek deur te bring, maar sosiale gebruik vereis dat ek met meer klere in die publiek sal verskyn.  dus: kort rokkie en 1970's strooihoedjie ('n liefdevolle geskenk van my moeder).

Thursday, November 25, 2010

playsuit version 2.0



daar bestaan 'n plek genaamd magdaleen-wêreld.  hier is spookasem-wolke, rooi eekhorinkies, gekleurde linte en ponies wat reënboë eet en skoenlappers poep.  ek ontsnap na hierdie wêreld wanneer realiteit vir my begin tande wys.  die afgelope 24 uur in realiteit was so onsmaaklike besigheid dat ek nou so diep in magdaleen-wêreld in verdwyn het, dat ek skaars my telefoon kan hoor lui.  en in magdaleen-wêreld dra ek elke dag 'n playsuit.

Wednesday, November 24, 2010

somer stiklys

gedurende my vakansies word die ure en dae spandeer agter die naaldwerkmasjien (met dieselfde entoesiasme waarmee tienerseuns xbox speel).  my vakansie begin oor 22 dae en ek het solank gaan inspirasie soek vir klere om te maak:







Tuesday, November 23, 2010

die b-woord

ek wil bitter graag vandag hierdie rokkie aanhê:


ek wil dit baie graag aanhê, want dit is hoe ek voel vandag... blou.  ek het 'n belangrike b-woord verloor die afgelope week - die boyfriend.  so in 'n poging om die break-up te oorleef vul ek nou my dae met nuwe b-woord aktiwiteite - borrel-bad, boeklees, blog, briewe skryf... 

skoon bladsy


hierdie rokkie is my nuwe aankope vir kersfees/troues/werk.  ek hou baie van die patroon - die bubble-soom en die bokant het mooi gestruktureerde panele.  maar net so plein maak dit my nog nie gelukkig nie... dit moet nog opge-zwoosh word met bykomstighede.

Monday, November 22, 2010

gamine

gamine [ˈgæmiːn (French) gamin] n; a slim and boyish girl or young woman; an elfish tomboy.

die oorspronklike gamine:

audrey hepburn

as my figuurtjie soos audrey hepburn s'n gelyk het, sou dit soveel beter by my klein hartjie gepas het.  ek wil ook graag slooprokkies met ronde kragies en enkelbroeke dra en my hare in 'n pixie-styl sny sonder om soos 'n overgrown kabouter te lyk. 

maar totdat ek eendag begin krimp, sal ek maar hierdie moderne gamine-inspirasies se styl waardeer:

audrey tautou

natalie portman

carey mulligan

op reis

ek vra innig onverskoning vir my stilswye die afgelope paar dae.  ek was op reis.  eintlik is hierdie stelling nie heeltemaal akkuraat nie.  'reis' klink so romanties, idillies en luuks en ek dink my vinnige trippie kaap toe (vir werk, nie plesier) val nie juis in hierdie kategorie nie.  indien ek wel op reis sou gaan, sou ek na een of ander eksotiese of duur land (soos frankryk byvoorbeeld) wou gaan, en verkieslik so lyk:




Wednesday, November 17, 2010

kleure vir 'n woensdag


ek moet bieg... ek is een van daardie mense wat 'n boek op sy baadjie oordeel.  hierdie oordeel is egter net beperk tot werklike boeke (en natuurlik fliek-en-musiek-kassies).  wanneer ek by 'n boek-, musiek- of videowinkel inloop, peil ek altyd reguit af op dié item met die mooiste buitekant.  die kuns, kleure en styl van 'n cd, dvd of boek se voorkant bepaal of ek by die winkel gaan uitstap daarmee.  en ek is gelukkig... ek is nog weinig teleurgestel deur my keuse. 

die eerste keer toe ek 500 days of summer se kassie gesien het, moes ek net die ligblou 1960's styl daarvan beleef.  dit is een van my gunsteling nie-romantiese (kaas- en mielie-vrye) liefdesverhale.

en kyk die mooi klere wat zoeey deschanel in die fliek dra:




Tuesday, November 16, 2010

op my mooiste



dit is nie hoe ek vandag lyk nie.  ek wens ek het so gelyk vandag.  instede hiervan is ek vandag geklee in my mees praktiese, gemaklike pakkie.  prakties en gemaklik, want ek moes vandag terapie gee in die stowwerige hoekie van 'n (oorvol) kliniek-wagkamer.  prakties en gemaklik, want ek gaan later vanmiddag vir die eerste keer saam met die eks-kêrelvriend perd ry (iets wat ek eintlik moes doen lank voordat ek met hom uitgemaak het).

so vandag lyk ek nie mooi nie. 

Monday, November 15, 2010

the edge of love loveliness




domesticated


ek het gister my kar gewas, wasgoed gedoen, skottelgoed gewas en selfs die skoene van my kamervloer af opgetel.  ek het mooi gelyk terwyl ek dit alles gedoen het.  huiswerk is amper draaglik wanneer 'n mens mooi lyk.


Saturday, November 13, 2010

heidi hare


die lengte van my hare het my vanoggend verras...  ek kon dit vleg!  vandag is 'n good hair day.


Friday, November 12, 2010

kleure vir 'n vrydag

keira knightley & carey mulligan (never let me go publicity)

dank kapitalisme...

dis vrydag! dit het wel eers gekom 'n dag nadat ek dit verwag het, maar dis hier. vreugde!

Thursday, November 11, 2010

huis in namakwaland


die huis waarin ek bly in springbok se glorie dae is lank reeds verby, maar ek is steeds mal oor die hout vloere, hout deure (wat nie meer heeltemal kan toemaak nie) en stoep-sonkamer.  in my voortuin staan 'n kokerboom en 'n moerbeiboom, wat se takke 'n paar weke gelede nog swaar gehang het van die moerbeie (konfyt is intussen gekook en sywurms is aangeskaf).  eg namakwalandse vetplante staan trots geplant in ou kosblikkies op die vensterbank.  die huis is eenvoudig mooi.  die huis is perfek namakwaland.





Wednesday, November 10, 2010

sonia rykiel resort 2011









die art deco en tweede wêreldoorlog styl skree kliphard deur hierdie hele versameling.  ek is mal daaroor!