ek is seker dat een of ander ontwerper of styl-ghoeroe al genoem het dat ware mode nie dit is wat twee keer ‘n jaar op die loopplank gesien word nie, maar eerder die gewone vrou (of man) op straat se interpretasie van die loopplank-modes is. loopplank-modes is vir my onbekombaar en dus net ‘n idilliese droom.
my hart het amper uit my bors gespring van opgewondenheid toe ek die eerste keer besoek afgelê het by thesartorialist.com. hier was ‘n reusagtige platform waar straatmode gevier word. met eerste oogopslag was ek verlief (en het dit sedert ons eerste ontmoeting gelei tot my internet-tyd se ondergang teen die 20e van elke maand).
maar kyk wat het ‘n paar weke gelede in die pos gekom (die bladsye is al amper tot op omkrul-punt deurgekyk):
No comments:
Post a Comment