die huis waarin ek bly in springbok se glorie dae is lank reeds verby, maar ek is steeds mal oor die hout vloere, hout deure (wat nie meer heeltemal kan toemaak nie) en stoep-sonkamer. in my voortuin staan 'n kokerboom en 'n moerbeiboom, wat se takke 'n paar weke gelede nog swaar gehang het van die moerbeie (konfyt is intussen gekook en sywurms is aangeskaf). eg namakwalandse vetplante staan trots geplant in ou kosblikkies op die vensterbank. die huis is eenvoudig mooi. die huis is perfek namakwaland.
No comments:
Post a Comment